top of page

Pan ete

Korslose sout tert

Koeke & Terte

Bestanddele



450 g Cheddar Kaas
250 g Bacon
Blikkie Weense Worsies
8 Geklitste Eiers
4 k Melk
4 e Meelblom
1 e Mosterd
1 e Gedroogde Pietersielie
2 e Gerasperde
Sout & Peper



Metode

Rasper kaas en Weense Worsies.  Versnipper Bacon.  Meng al die ander bestanddele en voeg by kaas mengsel.  Verdeel in gesmeerde tertpanne.  Bak vir 40 minute teen 180º C.

Wenk
Hierdie tert is ook lekker saam met 'n mengel slaai as ligte middag ete.

Bestanddele



100 ml Margarien
500 g Aartappel
50 ml Gekapte Ui
50 ml Gekapte Groen rissie
200 ml Gerasperde Kaas
4 Eiers
5 ml Sout
5 ml Peper
5 ml Mosterd
340 g Weense Worsies



Metode

Smelt Margarien in pan.  Braai ui effens bruin.  Voeg soetrissie en aartappels by.  Sit deksel op pan en verhit vir 5 min oor lae hitte.  Klits eiers en voeg geurmiddels by.  Gooi eiers oor die aartappel mengsel.  Rangskik gesnyde weense worsies oor die aartappel mengsel.  Sit pan se deksel op verlaag hitte en verhit mengsel vir 10 min of tot gestol.  Sny in skywe en bedien.

 

 

Bestanddele – Tert

1 Blik Tert Appels (Klein)
4 e Botter
1 ½ k Suiker
4 Eiers
1 ½ k Melk
1 ½ k Bruismeel
Knippie Sout
1 ½ t Bakpoeier



Bestanddele - Sous

250 ml Room
1 ½ t Karamel essens
½ k Suiker



Metode Tert

Klits Eiers.  Smelt Botter en Suiker saam.  Meng eiers en botter/suiker mengsel.  Voeg ander bestanddele by (behalwe appels) en klits goed.  Sit Appels in pan.  Gooi mengsel oor die appels.  Bak teen 180°C vir 45 minute.


Metode Sous

Gooi alle bestanddele in 'n potjie en verhit.   Wees versigtig want die room kook maklik oor.    Gooi die warm sous oor die tert sodra die tert uit die oond kom. 

Wenk

Vir 'n lekker klam tert voeg nog so 'n koppie room of melk by.  Indien die bestanddele verdubbel word dan is die mengsel net genoeg vir 'n oondpan

 

Bestanddele



1 pakkie bevrore skilferdeeg
1 blikkie soutbeesvleis of Lunch Loaf (opgesny)
250 ml gerasperde kaas (cheddar)
2 groot uie, fyn gekerf
500 ml geblanseerde spinasie, gesnipper
25 ml gekapte pietersielie
4 eiers
1 blikkie (410 g) ingedampte melk
30 ml koekmeel
25 ml blatjang
2 ml (knypie) rooi peper
Sout en peper na smaak



Metode

Voer die tertbord met die deeg uit.  Meng al die bestanddele goed saam.  Skep mengsel in die uitgevoerde tertbak.  Bak vir 45-50 minute by 180 grade tot gaar.  Bedien warm of koud met vars brood en slaai.  Die spinasie kan met brokkoli of gemengde groente vervang word.

Appeltert

Spinasie quiche

Bestanddele



½ k Margarien
4 e Bakpoeier
¼ t Sout
½ t Naeltjies
2 t Kaneel
½ t Nutmeg
2½ k Meel
1¼ k Suiker
2 e Kakao
Melk



Metode

Meng al die droë bestanddele.  Sny Margarien in.  Meng mengsel met melk tot gewone koekdeeg dikte.  Gooi mengsel in koekpanne en bak vir 1 uur by 180°C.

Wenk
Hierdie koek is vreeslik maklik om te maak en baie lekker ook daarby.

Grenadella yskastert

Sjokolade koek

Bestanddele



1 Blik Ingedampte Melk (Koud)
1 Blik Grenadellamoes
1 Pakkie Suurlemoen Jellie
½ k Strooisuiker
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
1 k Kookwater



Metode

Los jellie op in kookwater.  Laat jellie afkoel.  Klits melk styf, voeg strooisuiker by en dan grenadellamoes.  Voeg jellie by en klits goed.  Rangskik beskuitjies en mengsel in lae.  Hou oornag in yskas.

 

Bestanddele



4 k Melk

1 t Bakpoeier
2 e Botter
3 Eiers
1 k Meel
1 Knypie Sout
1 t Vanilla Essence
¼ tot ½ k Suiker (Na Smaak)



Metode

Skei Eiers.  Klits wit van eiers styf.  Smelt botter meng met suiker en eiergele.  Gooi meel in botter mengsel en meng goed.  Kook melk en gooi by mengsel en meng goed.  Gooi Vanilla by.  Vou eierwit by.  Smeer panne en gooi mengsel in panne.  Bak vir 35 minute teen 180°C.

 

Blended Splendour

Korslose melktert

Bestanddele



1 Pakkie Tennis Beskuitjies
4 e Botter
175 ml Kookwater
3 t Gelatien
4 t Rooi Jellie
250 ml Room
1 Bakkie gladde maaskaas
3 e Suurlemoensap
1 Blik Kondensmelk
Aarbeie



Metode

Maak beskuitjies fyn en meng met botter.  Plaas in tertbak as kors.  Meng jellie en gelatien met kookwater en plaas in yskas om af te koel.  Klop room styf en voeg maaskaas by - moet nie te veel meng nie.  Meng Suurlemoensap en kondensmelk by gelatien.  Voeg alles saam en plaas in tertbak.  Pak aarbei bo-op as versiering.

Wenk
Aarbei kan onder op die beskuitjies ook gepak word en die mengsel kan dan bo oor gegooi word. Die aarbeie kan vars of geblik wees.

Kaaskoek

Bestanddele



2 x 250 g Geroomde Maaskaas
1 Blik Kondensmelk
1 e Suurlemoensap
1 Blik vrugte (youngberrie of aarbeie)
1 Rolkoek
Vlapoeier of Mezinna



Metode

Klits Kondensmelk, Maaskaas, Suurlemoensap saam tot dik.  Pak 'n laag rolkoek in bak.   Gooi mengsel oor en maak gelyk.   Smeer vrugte daaroor.  Gooi vrugtesap in kastrol en kook.   Verdik met vlapoeier of mezinna.   Gooi oor tert en verkoel in yskas 

Wenk
Maak maar altyd twee van die terte aan want een is nooit genoeg nie.

 

Maaskaas tert

Bestanddele



1 Blik Kondensmelk
250 ml Room
18 Marshmallows
1/2 Koppie Suurlemoensap
1 Blikkie fyn pynappels (Stroop afgegooi)
1 Pakkie Tennisbeskuitjies



Metode

Sny Marshmallows fyn.  Meng Kondensmelk, marshmallows en Pynappels saam.  Klop room styf en meng saam met ander bestandele.  Gooi in bak wat uitgevoer is met Tennisbeskuitjies.

Oppenheimer tert

Bestanddele



250 ml Room
500 ml Aarbei Yougurt
1 Pakkie aarbei Jellie
1 Blik Kondensmelk
1 Houer Maaskaas
1 Pakkie aarbei instant poeding
Tennis beskuitjies
Botter
1 e Vlapoeier
1 k Warm water



Metode

Klits room styf en voeg kondensmelk, yougurt en maaskaas by.  Voeg droë instant poeding by.  Meng goed deur.  Verkrummel tennis beskuitjies met botter.  Plaas in bak as kors.
Voeg mengsel in bak. 

Begin eers met die volgende stappe as die tert gestol het.

Maak jellie aan met 1 k warm water.  Voeg vlapoeier by.  Kook in mikrogolf tot gaar.  Gooi oor gestolde tert. 

Wenk

Om tert te verdubbel gebruik 1 l Yogurt en 2 Pakkies instant poeding.  Al die ander bestanddele bly dieselfde.

 

Pienk tert

Bestanddele



2 k Sterk Warm Rooibostee
500 g Bruismeel
500 g Droë vrugte Koekmengsel
1 k Bruinsuiker
1 Eier
½ t Gemengde Speserye



Metode

Los bruinsuiker in tee op.  Week vrugte oornag in rooibostee.  Klits eier goed en meng met vrugtemengsel.  Voeg ander bestanddele by en meng goed.  Verdeel mengsel in 2 pannetjies.
Bak teen 180ºC vir 1 uur.

Wenk
Ek dink nie dat 'n klein bietjie brandewyn wat oor die broodjies besprinkel word skade sal aanrig nie.

Rooibostee vrugtebroodjie

 

Bestanddele Tert



250g Dadels
10 ml Koeksoda
125 ml Suiker
375 ml Water
125 ml Olie
1 Eier
10 ml Bakpoeier
375 ml Meelblom



Bestanddele Sous

175 ml Water
10 ml Rum Geursel
375 ml Suiker
15 ml Botter



Metode Tert

Kook dadels, suiker, koeksoda en water saam.  Klits eier en olie goed saam en voeg by dadel mengsel.  Voeg meelblom en bakpoeier by en meng goed.  Plaas in bak en bak teen 180° C vir sowat 35 minute.



Metode Stroop

Kook al die bestandele vir die stroop saam.  Gooi oor tert sodra uit die oond kom.  Bedien met room.

Rum tert

Bestanddele

500 ml Yoghurt
1 Pakkie Jellie
1 Blikkie Kondensmelk
1 Pakkie Tennisbeskuitjies



Metode

Maak jellie met 1 koppie kookwater aan.  Voeg kondensmelk en yoghurt by.  Klits tot romerig.  Giet in tertdop van tennisbeskuitjies gemaak.  Plaas in yskas om te stol.

Yskastert

Bestanddele



4 e Botter
1½ k Melk
1 t Bakpoeier
Knippie Sout
3 Eiers
½ k Suiker
6 e Lemoensap
6 e Stroop
6 e Botter
8 e Lemoensap



Metode

Kook botter en melk saam.  Sif meel, bakpoeier en sout saam.  Klop eiers, suiker en 6 e lemoensap saam.  Meng meel mengsel en eier mengsel saam.  Gooi botter en melk mengsel oor.  Meng goed tot slap mengsel.  Bak teen 180º C vir 20 tot 25 minute.  Kook Stroop, botter en lemoensap saam.  Gooi stroop oor die koek sodra uit die oond kom.

Warm teekoek

Sjokolade of wit koek

 

Bestanddele Koek

1 k Meelblom
1 k Suiker
1 t Bakpoeier
3 e Kakao
4 Eiers
½ k Kookwater
½ k Olie
1 t Vanielje
Knippie Sout


Bestanddele Sous

1 Blik Carnation Ingedampte Mel
2 e Botter
2 e Suiker

Bestanddele Versiering

200 g Sjokolade
Melk



Metode Koek

Klits eierwitte styf en voeg bakpoeier by en hou eenkant.  Sif die droë bestanddele saam en voeg suiker by.  Verhit die olie en water en voeg by meelmengsel.  Roer dit goed.  Klop eiergele en vanielje saam en voeg by mengsel.  Vou eierwitte in mengsel en gebruik metaallepel.  Plaas mengsel in panne en bak vir 25 minute teen 180º C.



Metode Sous

Smelt al die bestanddele saam en gooi oor warm koek.  Metode Versiering.  Plaas die twee afgekoelde helftes op mekaar met enige lekker konfyt.  Smelt sjokolade en meng met 'n bietjie melk.  Gooi oor afgekoelde koek.

Wenk
Vir 'n wit koek laat die kakao uit.

 

Bestanddele Koek

1½ k Meel
1 k Melk
1 k Suiker
¼ t Sout
2 t Bakpoeier
½ k Olie
¼ k Kakao
½ k Kookwater
4 Eiergele
4 Eierwitte


Bestanddele Sous

¾ Blik Ideal Melk
½ k Suiker

Bestanddele Versiering

2 Slabs Heelneut sjokolade
¼ Blikkie Ideal Melk



Metode Koek

Klits eierwitte tot styf.  Meng droë bestanddele.  Maak gaaitjie in droë bestanddele.  Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water en eiergele by.  Klits goed.  Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer.  Vou eierwitte in by mengsel.  Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute

.

Metode Sous

Kook Ideal melk en suiker saam.  Maak gaaitjies in koek met dun voorwerp.  Gooi stroop oor koek.  Laat koek heeltemal afkoel.

Metode Versiering

Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek.

Bestanddele



180 gr / 370 ml Koekmeelblom
10 ml Kaneel
8 ml Koeksoda
3 ml Neutmuskaat
3 ml Sout
750 ml Gerasperde Wortels
300 gr / 375 ml Suiker
250 ml Olie
100 gr / 250 ml Neute gekap
3 Eiers Geklop


Versiersel (Die versiersel is bietjie baie vir die koek * kan dit verminder)
250 gr Gladde maaskaas
120 gr Botter
50 gr / 125 ml Okkerneute gekap
5 ml Vanieljegeursel
400 gr / 800 ml Versiersuiker - gesif



Metode:
Sif meelblom, kaneel, koeksoda, neut, sout saam. Hou eenkant.
Meng wortels met suiker, olie, neute en eiers. Meng goed.
Voeg droë bestanddele by. Roer goed. Skep mengsel in 'n diep mikrogolfringpan met 'n deursnee van 250 mm. (Gat in middel).
Plaas pan op 'n omgekeerde piering en mikrogolf 10 * 11 minute by 100% krag.
Laat effens afkoel. Keer op 'n dienbord uit.



Versiersel
Klop maaskaas tot glad. Voeg botter by. Klop goed.
Voeg neute en geursel by. Meng deeglik. Voeg versiersuiker geleidelik by.
Klop dit tot die verlangde tekstuur. Smeer oor koek.

Wortelkoek in die mikrogolf

 

Bestanddele Koek

3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout



Metode:
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer
in. Sif meel en sout in en meng deeglik.


STROOP:
Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook.
Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook.
Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.

 

Bruinpoeding sonder eiers

Bestanddele



2 pakkies tennis beskuitjies
2 pakkies suurlemoen jellie
1 blikkie ideal melk
3 koppies kookwater
1 blik pynappelmoes


Metode
Verkoel die ideal melk tot goed koud, maar moet nie laat ys nie. Maak jellie aan met kookwater en laat afkoel, maar moenie dit laat stol nie. Klop ideal melk tot styf, voeg by jellie en pynappelmoes en klop goed. Pak beskuitjies en ideal melk mengsel in lae en eindig met 'n laag beskuitjies gefrummel bo-op.

Pynappel tert

 

Bestanddele Koek

1 k koekmeelblom
Knippie sout
2 eiers
1t bakpoeier
¼ k melk
¾ k suiker
1 klein blikkie tertapples (425g)



Metode


Klits eiers goed.
Voeg suiker by en klop.
Sif meelblom, bakpoeier en sout.
Voeg by eiermengsel om die beurt met melk.
Klop goed. Gooi in gesmeerde tertbord.
Rangskik tertappels eweredig in die koekmengsel.

Bak vir 'n halfuur teen 180°C.

Stroop
¾ k suiker
1 k room
1 t karamelessens
Kook bogenoemde saam vir 5 minute.
Gooi kokend oor gaar koekmengsel

 

Appeltert

 

Resepte

  • Wix Facebook page
  • Wix Twitter page
  • Wix Google+ page

© Suid afrikaanse kook resepte . Geen diere is beseer in die maak van die web tuiste nie.

bottom of page