top of page

Boontjieslaai

Biltongslaai

Slaaie

Bestanddele



9 Eiers
Vars Slaaiblare
Miracle Whip
Fyn Biltong



Metode

Kook eiers tot hard.  Dop die eiers af en maak dit fyn.  Neem slaaiblare en sny fyn.  Gooi 'n laag slaaiblare in 'n slaaibak.  Skep 'n paar lepels Miracle Whip oor die slaaiblare.  Gooi 'n lagie eiers oor die Miracle Whip.  Gooi nou 'n lagie fyn biltong oor die eiers.  Herhaal totdat daar so 3 lae van alles is of totdat die bestanddele klaar is.  

Wenk
Sny Salami fyn en gooi oor die Miracle Whip volg dan met eiers en biltong.
Neem Bacon sny fyn en braai tot bros, voeg dan by die slaai oor die Miracle Whip.

 

 

Bestanddele - Slaai



1 x 425 g Blik Boontjies in Tamatiesous
1 x 410 g Blik Botterbone (Dreineer)
1 420 g Blik Gewone Groenbone
1 Green Pepper ontpit en gekap
1 Groot ui gekap
1 Handvol rosyne of sultanas



Bestanddele - Sous

125 ml Asyn
125 ml Olie
125 ml Sagte Bruinsuiker



Metode Sous

Kook bestanddele vir sous vir 5 minute saam.  Gooi blikkies boontjies in glasbak.   Gooi Green pepper en ui in bak.  Gooi sous oor en meng goed.

Wenk
Los in yskas vir ten minste 24 uur.  Indien goed verseël kan die slaai vir 4 weke in yskas gebêre word.

 

 

Bestanddele Slaai



1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies

Bestanddele Sous

250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcester Sous
7 ml Mosterd



Metode Slaai

Sny Wortels in ringe.  Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).  Sny uie in ringe en kook.   Sny groen rissies in blokkies.   Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.  Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.  Kook 3 minute saam.  Gooi warm sous oor die wortels.  Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

 

Bestanddele



1 Pakkie Groen Jellie

250 ml Kookwater
250 ml Koue water
30 ml Asyn
125 ml Room
50 ml Fyn gekapte Pietersielie
20 g Gekapte Neute
Knypie Rooipeper
250 ml Gerasperde Cheddar Kaas
1 Blik (410 g) fyn Pynappel

Metode
Tamatie Blokkies en Gerasperde kaas vir garnering

Los Jellie op in Kookwater.  Voeg Koue water en asyn by.  Roer af en toe.  Laat afkoel tot amper gestol.  Dreineer Pynappel goed.  Voeg al die bestandele by en meng goed.  Smeer vorm met olie. Vorm moet 750 ml groot wees.  Gooi mengsel in vorm en laat stol in yskas.   Ontvorm die slaai net voor opdiening deur die rand met mes los te maak.  Keer slaai op koue opdien bord uit.  Strooi tamatieblokkies rondom.  Strooi kaas en Paprika bo-oor. 

Wenk
Tamatiegarnering kan vervang word met grof gekapte geelwortels.
Stukkies Olywe en gekapte agurkies kan ook by kaas mengsel gevoeg word.

 

Kerrie baby marrows

Gevormde kaasslaai

Bestanddele



1 Rooi Appel
1 Groen Appel
Suurlemoensap
200 g Gerasperde Kool (2 Koppies)
250 g Growwe Maaskaas
125 ml Slaairoom
Knypie Gedroogde Uievlokkies
Slaaiblare



Metode

Was Appels en sny in blokkies of skyfies, moet nie skil nie.  Sprinkel suurlemoensap oor appel om verkleuring te voorkom.  Meng al die bestandele liggies met twee vurke.  Skep in lugdigte houer en plaas in yskas vir so 2 ure.  Gooi slaairoom oor net voor opdiening.   Skep mengsel net voor ete op slaaiblare.

Wenk
'n Paar grof gekapte neute in die slaai sal ook baie lekker wees.

 

Kool en appel slaai

Bestanddele



2 kg Baby Marrows
2 Uie
3 k Suiker
3 k Asyn
1 e Sout
3 e Kerrie
3 e Maizena



Metode

Sny Marrows in ringe.  Sny ui fyn.  Kook uie en marrows saam tot amper sag.  Kook asyn, suiker en sout saam.  Maak 'n pasta van Maizena en Kerrie poeier en van asyn mengsel.
Gooi pasta mengsel by asyn mengsel.  Gooi oor marrow en uie mengsel en kook tot marrows sag is.  Roer af en toe. 

Wenk
Indien daar van hierdie slaai oorbly kan dit in bottels in die yskas gebêre word.

 

Koper pennie wortel slaai

Bestanddele



Gekookte Aartappels
Fyn Pynappels
Kondensmelk
Mayonaise



Metode

Sny Aartappels in blokkies.  Voeg van die fyn pynappels by.  Voeg Kondensmelk en mayonnaise by.

Wenk
Hoeveelhede hier kan volgens u smaak bepaal word.
Die Slaai moet net mooi klam wees.

Maklike aartappel slaai

Bestanddele



300 g Malvalekkers.
1 Blikkie fyn pynappel
175 ml Grenadella joghurt.

Metode
Sny malvalekkers in kwarte.  Meng al die bestanddele saam.  Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.

Wenk
Ek kon nie besluit of die nagereg of slaai is nie.
Dit is nou 'n vyfster LipLekLekker resep.

 

Marshmallow slaai

Bestanddele



250 g Skroefnoedels
1 Gekapte Ui
1 Groenrissie gesny
250 ml Tamatiesous
250 ml Witsuiker

125 ml witasyn

125 ml Kookolie
5 ml Sout
5 ml Peper
5 ml Tabasco Sous



Metode

Kook noedels sag.  Voeg gekapte ui en soetrissie by noedels.  Kook res van die bestanddele saam.  Gooi warm sous oor noedels.  Plaas mengsels in bak wat kan seël.  Laat afkoel vir een dag.

Noedelslaai

Bestanddele



1 k Rou Rys
1 Pynappel
1 Green Pepper
1 k Mayonaise
1 k Tamatiesous
1 e Kerrie



Metode

Kook Koppies rys soos gewoonlik.  Plaas rys in mengbak en laat afkoel.  Skil en kap pynappel fyn ('n Blikkie crushed Pynappel sal ook hier werk).  Kap Green Pepper fyn.
Gooi in mengbak saam met rys.  Gooi Mayonaise, tamatiesous en kerrie by en meng goed.

Wenk
Hierdie slaai moet ten minste 24 uur voor die tyd gemaak word.
Plaas dan die slaai in die yskas, die geure sal nou meng.

 

Rysslaai

 

Ingredients



1kg carrots, peeled and sliced
2 green peppers, sliced
2 onions, sliced
1 packet ROYCO Cream of Tomato Soup
 300ml water
150ml vinegar
125ml sunflower oil
150ml sugar
10ml Worcestershire sauce
7ml mustard
salt and pepper



Method

1. Boil or steam carrots until half cooked.

2. Mix carrots, green peppers and onions in a bowl.

3. Mix soup powder with the rest of ingredients in a saucepan, heat to boiling point and boil for 2 minutes.

4. Pour hot sauce over salad ingredients, cover and refrigerate for one day before using.

Preparation time : 15 minutes.  Cooking time : 5 minutes.
Serves  8 people.

Carrot salad

 

Resepte

  • Wix Facebook page
  • Wix Twitter page
  • Wix Google+ page

© Suid afrikaanse kook resepte . Geen diere is beseer in die maak van die web tuiste nie.

bottom of page