
Pap frikkadelle

Kaaspap
Papgeregte
Bestanddele
500 ml Water
500 ml Melk
500 ml Mieliemeel
30 ml Margarien
5 ml Sout
2 Eiers
500 ml Chedder Kaas
1 Blik mieliepitte
Metode
Meng die water, melk en meel in 'n diep 2l bak. Voeg margarien en sout by. Bedek en mikrogolf teen 100% krag vir 15 minute. Roer elke 5 minute met vurk. Rasper die kaas. Klop die eiers liggies. Klop 'n bietjie van die warm pap by die eiers. Klop die pap/eiermengsel vinnig by die res van die pap. Roer kaas en mieliepitte by. Bedek en mikrogolf by 50% krag vir 20 minute. Roer die pap goed na die eerste 10 minute. Laat die pap 'n paar minute staan. Sit warm voor.
Wenk
Hierdie pap is heerlik saam met braaivleis.
Bestanddele
Stywe Pap
'n Blikkie Heelpit Mielies
30 g Margarien
Bestanddele Sous
2 Uie
500 g Tamaties
1 Pakkie Groentesop
Sout en Peper
Metode
Voeg mielies en botter by pap en meng goed. Vorm Frikkadelle en plaas in gesmeerde oondpan.
Sous
Sny uie in skywe en kap tamaties grof. Braai uie in olie. Voeg tamaties by en kook vir 7 minute. Maak pakkie sop aan soos voorgeskryf. Voeg sop by en kook vir nog 7 minute. Gooi sous oor frikkadelle. Bak in matige oond vir 20 minute.
Wenk
Sterk gerasperde kaas kan oor die frikkadelle gestrooi word net voordat dit gebak word.
Bestanddele
1 blik (410 g) ingedampte melk
500 ml water
10 ml sout
500 ml mieliemeel
50 g botter
500 ml gerasperde cheddar kaas
1 blik (410 g) blik heelpitmielies gedreineer
½ x 250 g pak spek – grofgekap en brosgebraai
Metode
Verhit melk, water en sout tot kookpunt ~ voeg mieliemeel by sodat dit in middle ‘n hopie vorm, maar moenie roer nie
Verlaag hitte, plaas deksel op en laat pap 5 minute prut
Roer liggies en laat nog ‘n uur prut
Roer ¾ van kaas, heelpitmielies en spek by
Strooi res van kaas bo-oor en plaas deksel op sodat dit kan smelt of skep pap in oondskottel, skep 1 blik (410 g) blik tamatie-en-uie-smoor oor, strooi res van kaas bo-oor en bak vir 30 minute by
Bestanddele
125 g mushrooms
2 blokkies hoender aftreksel
250 ml gemengde groente
50 ml margarien
750 ml water
625 ml mieliemeel
125 ml gerasperde cheddar kaas
Metode
Kook gekapte mushrooms, gemengde groente en hoender aftreksel in die water, voeg dan botter by
Voeg mieliemeel by en laat prut vir 20 minute
Voeg kaas by en roer deur – dien dadelik op

Mieliepap genot

IGemengde mieliepap
Resepte
