top of page

Klapperys

Brandewyn bomme

Soetgoed

Bestanddele



100 ml Goue Stroop
200 g Sjokolade
200 g Pekan neute
150 ml Brandewyn
2 Pakkies Tennis Beskuitjies
Versiersuiker



Metode

Maak Tennis beskuitjies fyn.  Breek die pekan neute.  Breek sjokolade in 'n diep bak en voeg stroop by.  Mikrogolf teen 50% krag tot gesmelt.  Roer mengsel goed.  Voeg beskuitjies,
neute en brandewyn by.  Meng Goed.  Rol in bolletjies en rol dan bolletjie deur versiersuiker.

Wenk
Plaas Bolletjies in yskas.
Die bolletjies is op hulle lekkerste na 'n week.
Kan tot 3 weke in yskas bly.

 

Bestanddele



500 g Suiker
125 ml Melk
250 g Klapper
5 ml Vanielje
1 ml Kremetart
Knypie Sout
Paar druppels rooi kleursel



Metode

Smeer 'n bak van 20 X 20 X 5 cm.  Verhit suiker en melk oor matige hitte.  Roer af en toe tot mengsel begin opkook.  Verlaag hitte en kook mengsel vir 2 minute sonder deksel.  Haal van hitte af en voeg klapper, kremetart, en sout by.  Klop vinnig tot goed gemeng.  Gooi helfte van mengsel in bak en maak gelyk.  Roer 'n paar druppels kleursel in ander helfte van die mengsel.  Smeer die gekleurde mengsel oor die wit mengsel in bak.  Laat afkoel en sny in blokkies

 

Bestanddele



1 Eierwit
2 k Suiker
2 e Gelatien
1 k Kookwater
1 t Vanilla Essence
Sout
Pakkie klapper gebraai in pan.

Metode
Klits Eier wit styf.  Los gelatien op in koppie kookwater.  Voeg Suiker by die eierwit.  Voeg Vanilla by.  Voeg Gelatien by.  Klits tot die mengsel amper gestol is.  Moet nie moed verloor nie jy gaan lank klits.  Kleursel kan nou bygevoeg word indien verkies.  Gooi mengsel in gesmeerde pan.  Laat afkoel en sny in blokkies.  Rol in Gebraaide Klapper.


 

Bestanddele



1 Pak Rice Crispies
250 g Margarien
250 ml Suiker
250 g Dadels



Metode

Smelt margarien, dadels en suiker oor lae hitte.  Voeg Rice Crispies geleidelik by en meng goed.  Smeer Tertbak in pak mengsel in tertbak.  Laat afkoel in yskas.  Sny in blokkies

 

Marshmallows

Mallow crispies

Bestanddele



125 g Margarien
350 g Rice Crispies
500 g Marshmallows
400 g Sjokolade



Metode

Plaas margarien in kastrol en smelt.  Voeg marshmallows by en roer tot amper opgelos/gesmelt.  Voeg rice crispies by en meng goed deur tot alle crispies bedek is.
Giet uit in 'n gesmeerde rolkoekpan en druk goed vas.  Smelt sjokolade en smeer oor crispies mengsel.  Laat die hele mengsel stol vir ±1 uur en sny dan in blokkies.

 

Rice crispies blokkies

Bestanddele



8 k (1kg) meelblom
250 g (1/2 pd) botter
1 k suiker
1 eier
500 g (1 pd) goue stroop
4 t fyn gemmer
3/4 e koeksoda
1/2 k melk
1/2 t sout



Metode
1. Klop die botter en saam tot dit goed gemeng is. Voeg die eier en die melk by en meng deeglik
2. Voeg die goue stroop by
3. Sif die meelblom, die koeksoda en gemmer saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die bottermengsel
4. Meng alles goed saam en knie tot dit 'n gladdy stywe deeg vorm
5. Vorm balletjies so groot soos okkerneute en druk hulle met die duim effens plat op 'n gesmeerde bakplaat
6. Bak 8 tot 10 minute in 'n matige oond 180 grade C (350 grade F)


Hierdie resep is voldoende vir omtrent 10 dosyn koekies

 

Gemmerkoekies

Bestanddele



650g (5 x 250ml, ongesif afgemeet) koekmeelblom
15ml kremetart
12,5ml sout
400g (500ml) suiker
250g botter of margarien, by kamertemperatuur
250ml karringmelk
10ml koeksoda
1 eier



Metode
Voorverhit oond tot 200C (400F). Smeer 'n rolkoekpan van 45x30x2 cm, of bespuit met kleefweende middel.
Sif die koekmeelblom, kremetart en sout saam. Voeg die suiker by en meng. Vryf die botter of margarien met die vingertoppe in die meelmengsel in totdat dit fyn gekrummel is.


Meng 25ml van die karringmelk met die koeksoda. Voeg dit by die meelmengsel. Klits die res van die karringmelk en die eier saam. Hou 25ml van die mengsel om oor die beskuit te verf en voeg die res by die meelmengsel. Meng goed tot 'n deeg.


Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke. Fatsoeneer elke stuk op 'n meelbestrooide deegplank in 'n wors van 28cm en druk dit effens plat. Sny elke wors in 4 ewe lang stukke. Plaas die stukke effens uitmekaar in die pan.
Verf die oorblywende 25 ml karringmelk-en-eiermengsel oor die beskuite. Bake hulle sowat 30 minute of tot gaar op die middelste oondrak.
Laat die beskuite effens afkoel, breek hulle oop en droog op die draadrakke in 'n koel oond uit.

Abrahampies

Bestanddele



1 Blik Kondensmelk
2 k Strooisuiker
125 g Margarien/Botter
1 t Vanielje Essens


Metode


Voeg Kondensmelk, Strooisuiker en Margarien saam in 'n groot glasbak (± 15 cm hoog).
Kook op Hoog vir 2 minute. Haal uit; roer goed en plaas terug vir 8 minute op Hoog.
Haal uit; voeg 1 t Vanielje essens by. Roer goed.Gooi in 'n gesmeerde pan. Laat staan vir 2 minute. Sny in blokkies en geniet

 

Trefferfudge mikrogolf

Bestanddele



500 g margarien
1 kg geelsuiker
5 eiers
500 g goue stroop - maak lou in kookwater
1,5 kg koekmeel
15-20 g koeksoda
15-20 g kremetart
50 ml fyn gemmer

5 ml sout



Metode
1. Room margarien en suiker.
2. Voeg eiers een vir een by.
3. Voeg stroop by.
4. Meng droë bestandele saam.
5. Voeg droë bestandele by margarien mengsel.
6. Los oornag in yskas.
7. Maak balletjies - druk met vurk plat.
8. Bak @ 180-200 C maak barsies waar gedruk is met vurk

Gerda se gemmerkoekies

 

Resepte

  • Wix Facebook page
  • Wix Twitter page
  • Wix Google+ page

© Suid afrikaanse kook resepte . Geen diere is beseer in die maak van die web tuiste nie.

bottom of page