
Resep volg nog

Beespot
Potjiekos
Beespot
15 kg Bees kookvleis in blokkies
5 kg Bacon
10 Groot uie
5 kg Sampioene
5 kg Aartappels - verkieslik klein
5 kg Wortels
5 kg Boontjies
4 kg Tamaties
Pietersielie
4 l Wyn
1 l Lemoensap
4 Pakkies Beesstert Sop
1 Klein Blikkie Appelkooskonfyt
Sout
Peper Peperkorrels
Lourierblare
Olie
Skil uie en kap grof. Sny sampioene grof. Skil aartappels, indien groot sny in kwarte. Skil wortels en sny groterige en growwe stukke. Sny boontjies se punte af en sny in twee of drie stukke. Plaas al die groente in emmers water. Sny bacon op in groterige stukke. Maak pot warm en braai uie tot ligbruin in olie. Voeg Bacon by en braai tot bacon gaar is. Voeg Appelkooskonfyt by en braai mengsel verder totdat konfyt gesmelt het. Skep uie & bacon mengsel uit en hou eenkant. Voeg vleis by pot en braai tot mooi bruin. Voeg Lemoensap en sowat 3 l wyn by. Later kan jy nog byvoeg indien nodig. Kook nou die vleis vir sowat 1 uur. Skep die uie & bacon mengsel op die vleis. Gooi na smaak peperkorrels en lourierblare op die uie. Plaas aartappels bo uie & bacon mengsel. Plaas wortels bo aartappels. Plaas boontjies bo wortels. Kook nou pot vir sowat 1 en 'n half uur. Die groente behoort nou te begin sag word. Gooi nou die sampioene bo die boontjies. Sny tamaties grof en gooi oor sampioene. Kap pietersielie fyn en strooi oor tamaties. Na sowat 30 minute kan jy die groente begin toets, dit behoort nou sag te wees. Kyk na die sous in die pot dit moet lekker opkook. Neem die soppoeier en maak an met 'n bietjie wyn. Gooi sop oor die groente en kook vir sowat 15 minute. Proe die sous en indien nodig gooi sout en peper oor. Kook 'n verdere 15 minute en proe weer. Jy kan nou finaal 'n stukkie vleis en aartappel uitgrawe en toets vir sagtheid. Proe die sous ook finaal vir smaak.
Wenk
Die pot is genoeg vir sowat 70 mense.
Die pot is ook baie smaaklik.
'n Nr 20 pot word aanbeveel.
Die pot vertoon ook mooi.
Indien verkies word kan die konfyt weggelaat word en vervang word met so 3 bottels blatjang.
Resep volg nog
Resepte
