top of page

Beskuitjiestruif

Wynsous

Nageregte

Bestanddele



150 g Suiker
250 ml Water
25 ml Botter
3 Eiers
125 ml Soetwyn



Metode

Plaas suiker en water in 'n kastrol en roer oor matige hitte tot suiker gesmelt is.   Verhit tot kookpunt en kook vir 15 minute tot stroopkonsistensie.   Voeg Botter by en roer tot gesmelt.   Voeg geklitste eiers by en meng goed.   Roer oor matige hitte tot goed warm en sit voor saam met poeding.

Wenk

Baie lekker saam met Bruin Poeding..

 

Bestanddele



1 Pakkie Aarbeijellie
250 ml Kookwater
250 ml Koue water
1 Blik Karamel Kondensmelk
1 Pak Marie of Tennis beskuitjies
500 ml Dik Vlasous

Metode
1 Blik Vrugteslaai of 250 ml Gesnipperde Vars Vrugte
125 ml Gekapte Pekan neute

Los jellie in kookwater op.  Voeg Koue water by en meng.  Gooi 'n bietjie jellie in glasbak (Glasbak Volume 1.5 l).  Laat in koelkas stol.  Laat oorblywende jellie buite afkoel tot dik, nie gestol nie.  Smeer 'n dik laag kondensmelk oor die beskuitjies.  Plaas beskuitjies op gestolde jellie.  Gooi 'n laag vlasous oor.  Skep van vrugte oor.  Strooi van Neute oor die vrugte.  Bedek met 'n laag jellie.  Herhaal al die ander lae totdat al die bestanddele opgebruik is.  Plaas in koelkas totdat jellie gestol is.  Dien yskoud op.

Wenk
Kan met roomys of geklitste room opgedien word.

 

Bestanddele - Poeding

250 ml Meel
15 ml Botter
125 ml Suiker
1 Eier
250 ml Melk
10 ml Bakpoeier
15 ml Appelkooskonfyt
5 ml Sout
15 ml Asyn aangemaak met
5 ml Koeksoda

Bestanddele - Sous

250 ml Room of Ideal Melk
187,5 ml Suiker
250 ml Melk
5 ml Vanielje
250 ml Botter

Metode Poeding

Meng alle bestandele vir poeding.  Bak teen 180°C vir 45 minute of tot bruin en gaar.

Metode Sous

Smelt alle bestandele in 'n potjie.  Gooi die warm sous oor die tert sodra die tert uit die oond kom.


 

 

Bestanddele - Tert



1 Eier
200 g Suiker (1 k)
120 g Koekmeel (1 k)
5 ml Sout
12,5 ml fyn Appelkooskonfyt
12,5 ml Asyn
5 ml Koeksoda
250 ml Melk



Bestanddele - Sous

250 g Margarien
250 ml Ideal Melk
125 ml Kookwater
200 g Suiker



Metode

Klits Eier en voeg suiker by en klits tot goed gemeng.  Sif koekmeelblom en sout saam en meng om die beurt met melk by eiermengsel.  Meng appelkooskonfyt, asyn en koeksoda goed saam en voeg by eiermengsel.  Skep in vuurvaste bak.  Bak in voorverhitte oond teen 180ºC to goudbruin en gaar. 



Metode Sous

Gooi alle bestandele in 'n potjie en verhit.  Roer af en toe.  Gooi die warm sous oor die poeding sodra die poeding uit die oond kom.

Malvapoeding

Bruinpoeding

Bestanddele



250 g Vrugtekoekmengsel
250 ml Water
125 g Ontpitte Dadels
250 ml Gekapte Okkerneute
125 ml Gekapte Glanskersies
1 Pakkie Portwyn Jellie
250 ml Warm Water
125 ml Port
½ Pakkie Marie Beskuitjies
5 ml Gemengde Speserye



Metode

Kook Vrugtekoekmengsel in 250 ml water vir 5 minute.  Dreineer en voeg dadels, neute en kersies by.  Los jellie in 250 ml warm water op.  Voeg port by jellie.  Voeg gekrummelde beskuitjies en speserye by vrugtemengsel.  Voeg jellie by die vrugtemengsel en roer goed.   Giet mengsel in uitgespoelde tradisionele vorm.  Keer uit vorm en versier.

Wenk
Dien op met room wat gegeur is met Brandewyn of Rum.

Kersfees jellie 

 

Bestanddele Deeg

25 ml Margarien
250 ml Koekmeelblom
2 Eiers
250 ml Melk
25 ml Fyn Appelkooskonfyt
12,5 ml Asyn
7 ml Koeksoda



Bestanddele Sous

500 ml Room of Ingedampte Melk
500 ml Suiker
2 Eiers



Metode Deeg

Voorverhit oond tot 180º C.  Vryf Margarien in Koekmeelblom in.  Klits Eiers.  Voeg eiers, melk, appelkooskonfyt asyn en koeksoda by.  Meng Deeglik.  Gooi deeg in oondvaste bak (Volume 2.5 l).  Bak so 20 minute tot mooi bruin.



Metode Sous

Klits eiers, room en suiker saam totdat suiker gesmelt het.  Gooi die mengsel nou oor die poeding.  Bak vir 'n verdere 20 min of totdat die sous dik is.  Bedien warm.


 

Skotse roompoeding

Bestanddele



22,5 ml (1½ e) gelatien
60 ml (¼ k) koue water
250 ml (1 k) kookwater
250 ml (1 k) suiker
60 ml (¼ k) suurlemoensap
gerasperde geel skil van ½ suurlemoen
2 eiers, geskei
vla poeier



Metode:
1. Week die gelatien vir 5 minute of langer in koue water en los dit op in die kookwater.
2. Voeg suiker, suurlemoensap en -skil by.
3. Syg mengsel deur 'n sif en laat op 'n koel plek afkoel.
4. As die mengsel feitlik gestol is, klits dit met 'n vurk of klitser tot lig en sponserig.
5. Klits eierwitte styf en vou in.
6. Giet in 'n nat vorm om verder te stol.
7. Maak vla van die eiergele en sit voor saam met die poeding.

Sneeu Poeding

 

Bestanddele



3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop
Sout

Metode


Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in. Sif meel en sout in en meng deeglik.



Stroop



Kook 3 kopies suiker, 6 kopies kookwater, 1 eetlepel gouestroop en 1 eetlepel botter in 'n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook. Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.

Dit is presies soos ek onthou my ma sin geproe het


 

Armanspoeding

 

Resepte

  • Wix Facebook page
  • Wix Twitter page
  • Wix Google+ page

© Suid afrikaanse kook resepte . Geen diere is beseer in die maak van die web tuiste nie.

bottom of page